Personal tools
You are here: Home Foundation Trash Bin Press Releases Translations Die Plone Stigting het onlangs weergawe 2.1 van Plone vrygestel.
Document Actions

Die Plone Stigting het onlangs weergawe 2.1 van Plone vrygestel.

by Godefroid Chapelle last modified March 10, 2006 - 11:20

Die Plone Stigting het onlangs weergawe 2.1 van Plone vrygestel. Plone is die toonaangewende inhoudsbeheerstelsel (Content Management System) vir die bekroonde Zope toepassings-bediener. Dit word ondersteun deur duisende ontwikkelaars van regoor die wêreld, en is een van die mees gesofistikeerde, gewilde en maklik bruikbare inhoudsbeheerstelsels ter wêreld.

Plone voorsien 'n skaleerbare, uitbreibare en stabiele toepassing wat deurgaans op oop standaarde gebasseer is. Dit is beskikbaar op alle belangrike bedryfstelsels, insluitend Linux, Windows, Solaris, FreeBSD en Mac OS X. Dit is beskikbaar in meer as 50 tale (insluitend Afrikaans), en word gebruik deur Simpill (http://www.simpill.co.za), Bika (http://www.bika.co.za), JETRO, Vera Wang, Mark of the Unicorn, Connexions, die Amerikaanse Nasionale Kankerinstituut, BMC Software, die Burning Man projek, en talle ander kommersiële en nie-kommersiële organisasies. eWeek.com het Plone 2.0 beskryf as een van die top 10 toepassings vir groot bedrywe van 2004: "... die gratis, oop-bronkode Plone het die beste keuse vir web-publikasie gevat, en daarvan die klinkklare leier in die veld gemaak."

"Plone groei en word volwasse," sê Dr. Geoff Davis van die Plone Stigting. "Hierdie weergawe bied 'n produk wat innoverende funksionaliteit bied vir die deursoek en organiseer van inhoud." Belangrike onlangse installasies sluit in Oxfam Amerika, die NASA se Jet Propulsion Lab, Motorola, die Brasiliaanse parlement, eBay en Wolfords. Peter White van Brittanje se Nasionale Gesondheidsdiens se Health Informatics Service te Surrey sê: "Ons keuse is nie slegs deur prys gemotiveer nie. Ons het sewe stelsels naas mekaar op die proef gestel, en gevind dat Plone bo uitkom in terme van werklewering en funksionaliteit."

Uitgebreide toetsing het aangetoon dat Plone se koppelvlak aanpasbaar en intuïtief is. Opvallende funksies sluit die vermoë in om inhoud vir 'n spesifieke periode te publiseer, asook rol-gebasseerde bestuur van skryf- en redaksieregte. Die nuwe weergawe bied ook aan gebruikers gesofistikeerde dog eenvoudige maniere om inhoud te rangskik en te deursoek. "LiveSearch" verskaf 'n onmiddelike voorskou van soekresultate terwyl die soekfrase nog getik work, en "Smart Folders" laat redaksielede toe om dieselfde inhoud op verskillende maniere gelyktydig te rangskik. Plone 2.1 bou voort op die betroubare fondament van 'n maklike bruikbare koppelvlak en ryk ingeboude funksionaliteit.

Daar is tientalle uitbreidings vir Plone beskikbaar, wat onder meer insluit integrasie met Windows, hantering van veeltalige inhoud, en vinnige integrasie by bestaande IT infrastruktuur, sowel as legio ander funksies wat strek vanaf web-dagboeke (blogs) na magtigingsbestuur binne bedrywe (enterprise authentication). Meer en meer besighede bied ook produkte, ondersteuning, webhuisvesting en opleiding aan vir Plone. Hierdie besighede verskaf 'n vlak van betroubaarheid en profesionaliteit wat Plone toelaat om aan die vereistes van enige soort organisasie te voldoen. Plone se gebruikers en ontwikkelaars vorm 'n entoesiastiese gemeenskap wat deelneem aan werkswinkels en konferensies regoor die wêreld.

Laai dit af en vind meer uit by: http://plone.org/

Plone is 'n geregistreerde handelsmerk van die Plone Stigting in die Verenigde State en in ander lande. Ander handelsmerke is die eiendom van hul eienaars.


For any issues with the web site functionality, please file a ticket.

Please consult the policy on plone.org content if you want your content published on this site.

Servers and hosting by